Estienne Gouws en Catharina Bok
Stamvader André Gouws se oudste seun, Estienne, of
Steven soos hy ook bekend was, is op 6 Maart 1718 getroud met Catharina
Bok. Sy was die dogter van Christian Bock, uit Wolfenbutel,
Noord-Duitsland, en Anna Groothenning van Bengale.
Bock was 'n 27-jarige soldaat toe hy aan die Kaap gearriveer het in
1696 saam met Hans Casper Geringer, 'n bakker. Hy en Geringer het 'n
besigheidsvennootskap aangegaan.
Anna Groothenning was 'n slavin uit Bengale in Indië en die eiendom
van Geringer. Hy het in 1703 by haar 'n dogter, Maria, gehad. Anna
Groothenning het daarna 'n verhouding met Christiaan Bok aangegaan en vier
kinders is daaruit gebore. In 1709 het Geringer Anna en haar kinders
bevry. Hulle is almal op Nuwejaarsdag 1713 as Protestante gedoop in
Kaapstad, en op 5 Februarie van daardie jaar het Christiaan Bok met haar
getrou.
Dit was nie ongewoon vir blanke mans aan die Kaap om
met slavinne uit Indië of Indonesië te trou nie: hulle was geen
barbare nie, maar in baie gevalle opgevoede vrouens. Valentijn,
in Bescrijvingen Vol III no 2 p136, sê: "De vrouwen
zyn door de bank veel schooner, netter besneden van wezen, en veel
blanker, dan menig andere vrouwen ... waarom zy by die meeste
Hollanders voor alle andere slavinnen gezogt worden, te meer dewyl zy
seer fraai van oogen, mooi, dog wat plat van weezen, zeer vriendelijk,
lieftallig, n doorgans zeer beleeft en wel opgevoed zyn. ... Deze
vrouwen zyn in haar ijgenland ook zeer moedig, en trots, en weten haar
fatsoen zoo wel, als de beste Hollandze juffrouw, te houden"
Catharina Bok was Christiaan en Anna Bock se tweede kind. Sy is in 1705 gebore en was
dertien jaar oud toe sy met Estienne Gouws getroud is op 27
Februarie 1718.
Haar jonger suster Johanna is (op 14-jarige leeftyd) in 1724 met
Andries Bester getroud en is die stammoeder van die Besters in
Suid-Afrika.
Christiaan Bock is in 1716 dood en sy weduwee Anna het daarna nog 'n
kind, Jacob, gehad uit 'n verhouding met Jacob Marik in 1718.
Estienne Gouws en Catharina Bok het twee seuns en vyf dogters gehad:
- Stephanus, 1720
- Anna, 1721
- Catharina, 1723
- Christina, 1725
- Sara, 1727
- Clara, 1732
- Andries Stephanus, 1740, getroud met Maria Hendrina Mulder
|
|
Nasate van Stephanus
Gouws, gebore 1720:
Stephanus is in 1754 getroud met
Catharina HUPPENAAR. Die egpaar
het elf kinders:
- Andries, 1756, trou in 1777 met
Gesina NEL
- Catharina, 1758 trou met H.W. Alberts
- Johanna Helena, trou met J.J. Alberts
- Anna, trou met Frederick Grobbelaar
- Sara, 1764, trou met Jan Nel
- Magdalena, 1766, trou met Ockert Gous
- Jacoba Johanna, 1768, trou met PA Swanepoel
- Hester, 1770, trou met Marthinus Oosthuizen
- Michiel, 1770
- Elsie Dorothea, 1775, trou met JA Botes
- Catharina Gezina, 1777, trou met Johannes Jacobus Oosthuizen.
|
|
Nasate van die oudste seun,
Andries, (1756)
en sy vrou Gesina NEL:
- Jan, 1780. Hy trou met Johanna Sophia Venter, en hulle het drie
kinders:
i Gesina Maria Susanna in 1805
ii Maria Susanna in 1808
iii Andries Stephanus in 1813
- Catharina Frederica, 1783, trou met Johannes Combrink
- Stephanus, 1785. Hy trou met Anna Maria Strydom en hulle het 'n
seun:
i. Gerrit Stephanus, 1808
- Gesina, 1788
- Andries, 1791
- Willem, 1792
- Gerrit Johan Wilhelm, 1795
- Gesina Johanna Helena Susanna, 1798
Terug na bo
|
|
|
|